Francistown

Francistown
Francistown se hoofplein
Francistown se hoofplein
Francistown is in Botswana
Francistown
Francistown
Koördinate: 21°10′0″S 27°30′0″O / 21.16667°S 27.50000°O / -21.16667; 27.50000
LandVlag van Botswana Botswana
DistrikNoord-Oos
Stigting1897
Regering
 • BurgemeesterIgnatius Moswaane
Hoogte
1 001 m (3 284 ft)
Bevolking
 • Totaal113 315
TydsoneUTC+2 (SAST)

Francistown is die tweede grootste stad in Botswana na die hoofstad Gaborone. Volgens die 2022-sensus het die stad 'n bevolking van ongeveer 103 417, en 147 122 inwoners vir sy agglomerasie. Francistown word dikwels beskryf as die "Hoofstad van die Noorde" of soos die inboorlinge dit wil hê "Turopo ya muka", in die iKalanga-taal. Die stad is in die verre-ooste van Botswana geleë, ongeveer 400 kilometer noord-noordoos van die hoofstad, Gaborone. Francistown is geleë by die samevloeiing van die Tati- en Ntshe-riviere, en naby die Shasherivier ('n tak van die Limpoporivier) en 90 kilometer vanaf die internasionale grens met Zimbabwe. Die Francistown-lughawe is digby die stad geleë.

Francistown was die middelpunt van Suider-Afrika se eerste goudstormloop en word steeds omring deur ou en verlate myne. Die Stad Francistown is 'n administratiewe distrik, geskei van die Noordoos-distrik. Dit word deur Francistown Stadsraad geadministreer. Die hooftaal wat in en om Francistown gepraat en gebruik word, is die Kalanga-taal. Ander tale wat in die gebied gebruik word, is Ndebele, Shona sowel as Tswana.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search